|
Anena Burger is reeds 15 jaar 'n joernalis. Sy het in 2010 as vryskutjoernalis vir Media24 begin werk sonder enige formele of tersiêre opleiding en is deur die beste joernaliste in die Media24-stal, soos Gert Coetzee, Charles Smith, Julian Jansen, Dirk Kok en Andre Botha, opgelei. Burger was die redakteur van die Kalahari Bulletin-gemeenskapskoerant in Upington en sedert 2020 is sy Netwerk24 se senior joernalis in die Noord-Kaap. Sy het stories gedek soos die opspraakwekkende Pofadder-moord op Leon Brits, die Hartswater- driedubbele plaasmoorde, die Kalahari-tragedie en vele ander wat die land die afgelope paar jaar geruk het.
|