|
Lauren O'Connor-May is 'n katolieke vrou van Kaapstad, 'n joernalis, vrou, en ma van sewe dogters. Sy is 'n fanatiese leser wat lief is vir kunsprojekte, kos en DIY. Sy het in Mitchellsplein grootgeword en het in haar jong dae met publieke vervoer oraloor die stad verken. Haar debuutverhaal, Droomhuisavonture, is gebaseer op regte avonture saam met haar groot familie en gedeeltelik geïnspireer deur haar tweede jongste dogter, Verity, se verbeelding.
|