Mariël le Roux het lank verpleeg- en verloskunde doseer aan die Universiteit van die Wes-Kaap. In 2007 debuteer sy met Wilhelmina: kampkind op Java. Donkertyd is haar sesde roman.