|
Bets het begin skryf om aan haarself te bewys sy kon die storie wat binne broei op papier kry. Deesdae skryf sy omdat skrywers (meestal!) beheer het oor die karakter en gebeure, en omdat sy glo liefde bied antwoorde op meeste kwelvrae. Sedert 2017 skryf sy voltyds, want danksy 'n man wat haar verstaan en ondersteun, twee getroude kinders en vyf kleinkinders, het sy alles wat sy begeer. Hul verhuising na die vreedsame Suidkaap in 2018 bring nuwe inspirasie in die vorm van unieke mense en eiesoortige natuurtonele wat jou om elke draai verras.
|