|
Rudie van Rensburg is in Bloemfontein gebore. Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad, was medestigter en uitgewer van Bloemnuus, en later redakteur van Die Ekonoom. In 1987 verhuis hy Kaap toe. Rudie se skilderye is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika en oorsee. Kamikaze is sy vyfde roman, na Slagyster, Kopskoot, Judaskus en Pirana.
|